Читать книгу Ena Murray Oordenkings - Ena Murray - Страница 33

29 Januarie

Оглавление

Doen alles sonder kla of teëpraat. – Filippense 2:14

Die onmoontlike word hier verwag. Dis ons eerste reaksie wanneer ons hierdie teks lees. Daarom gaan ons vinnig daaroor, so asof ons dit met ’n amper meerderwaardige beterweterigheid verwerp. Want dit is net nie menslik moontlik om alles sonder kla of teëpraat te doen nie. Daar is mos darem perke aan wat van ons verwag kan word. Daar is mos darem dinge wat by die grense van redelikheid verbygaan.

Maar weer is dit maar net goeie raad en werd om uitgetoets te word.

Ons moet almal dinge doen wat nie altyd vir ons aangenaam is nie. Daar is dinge wat gedoen móét word wat ons veel liewer sou wou omseil het, of, nog beter, vir iemand anders wou gelaat het. Dis mos lekker om net lekker dinge te doen. En hoe minder eise iets aan ons stel, hoe lekkerder is dit.

Ons vergeet egter dat dit net dié dinge in die lewe is wat eise stel, wat die moeite werd is, wat werklik bevredig en uiteindelik ewige waarde het.

Hoe harder ons kla en teëpraat, hoe moeiliker en onaangenamer word die taak wat ons moet verrig. Bes moontlik is dit ook nie régtig so erg nie, maar met ons verkeerde gesindheid het dit nou dubbel so moeilik geword.

Hou op pruttel. Hou op kla. Hou op teëpraat. Verander liewer jou gesindheid. Benader dit liewer met: Dit gaan miskien nie so lekker wees om dit te doen nie, maar wanneer dit afgehandel is, dán gaan dit baie lekker wees! En dóén dit dan – vandág nog!

Here, help my om op te hou met kla en om te doen. Amen.

Ena Murray Oordenkings

Подняться наверх