Читать книгу Stille waters - Juanita Aggenbach - Страница 10

Оглавление

27 Augustus 2015

5 Elemente van ’n goeie grap:

(Uitgevoer deur grapjasse soos Eugene, A.J. ens.)

1. Onderwerp = dit waaroor die grap gaan (As o/werp se inhoud snaaks is nog beter)

= Hoofonderwerp: Divan Klopper (EK)

= byonderwerp: looks: tande, ore, neus, lengte (te kort)

= byonderwerp: titel: gay, stupid, pliggie

= byonderwerp: aktiwiteite: sport – USELESS

2. Timing = highlight die punch line met regte timing

= In besige skoolgange, tussen die A-span ouens op die speelgrond, agter onderwyser se rug, op die hokkieveld net na ’n score

3. Drama = Gebruik handgebare om grap te versterk

= trip, stamp, hand signs

= gooi onderwerp rond binne ’n stywe kring A-span ouens (groot gunsteling)

= uitlag en almal nooi om saam te lag (groot gunsteling)

4. ’n Groter boodskap = jou existence pla my!

5. Elke woord wat gebruik word maak saak

NB: Dit help nie om die grap oor te vertel nie. Mense vang dit nie

Stille waters

Подняться наверх