Читать книгу Stille waters - Juanita Aggenbach - Страница 24

Оглавление

2 November 2017

Ek weet nie wat met Katrien aangaan nie.

As ek nice is met haar behandel sy my soos ’n freak show. En met nice bedoel ek hallo hoe gaan dit? Of ek tel haar liniaal op as dit val, of ek wag vir haar by die deur dat sy eerste kan stap.

Dan kap sy my met ’n flat ignore. Of sy loop sommer weg saam met daai Daniëlle meisiekind.

Maar as ek haar ignoreer by orkes dan vra sy wat is fout?

Come on Katrien, wat dink jy is fout?

Stille waters

Подняться наверх