Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 89

Feite en menings

Оглавление

’n Feit is iets wat bewys kan word en wat werklik bestaan. Dit kan getoets word met eksperimente of navorsing. As iets ’n feit is, word daar gewoonlik verwys na syfers, name, plekke en datums wat die feit ondersteun.

’n Mening of bewering is slegs ’n persoon se siening en kan nie bewys word nie. Let op na woorde soos ongeveer, taamlik, skynbaar, glo. Dit wys vir die leser dat die inligting nie in ’n boek nageslaan kan word nie.

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх