Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 21

1945

Оглавление

Europa lê in puin: ’n swart koerantberig,

staccato, stomp; ’n oggendteegerug.

Europa is ’n krater in die firmament, niks meer.

Maar deur die blokkiesraaisel van verstarde staal

tuimel die reëngrou duiwe heen en weer,

hunkerend na broeityd, neste op die plein

en paring bo die swart verminkte katedraal.

’n Aartsengel lê in die reën se glans en stil verteer

die roes sy silwer vlerk, die kosmos van sy silwer brein.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх