Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 22

Henri Rousseau

Оглавление

Ek het meteens onthou

dat ek gelukkig is; langsaam, statig kom ’n pou

uit blonde tonnels van die tuin en sleep ’n blom-

bont vereveld waaroor blink luiperd-oë die blou kolom,

die blou en brose buiging van sy nek bekruip – en dan ontvou,

rank op, sprei oor – tril – ’n honderd oë spring!

en wilde glanse bewe oor sy bors, ’n Leda-gril,

’n blou en koper floute in die diep namiddagson.

* Vroeëre titel: Tuin

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх