Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 26

Twee winter-akwarelle van Amsterdam

Оглавление

I

Hoe yl is alle vensters, alles van die dag,

hier, en ver van hier –

asof deur water kom die nag;

asof alleen met God, en ek nie hier

en niemand hier, vloei straat en grag

en naakte park ineen. Onsigbaar

dryf die winterson nog hier,

bewusteloos, met blinde pêrel-staar,

’n drenkeling, ’n ongebore of vergete vuur.

II

Vonkend oor die donker straat

nael winterkinders

en sproei die laaste verminderende uur

met krete, met kuise vuur:

ver uit die weste

sien die dag wat moet gaan

hul verduistering aan,

en verlate strate luister.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх