Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 25

Die gevallene

Оглавление

Ek was die skoonste, sonder weerga –

dink hy toe die jonger engel vra:

Ag, waarom wou jy dwaas wees, ek

sien berou aan jou, want ons is byna gek

van vreugde, dronk van lig:

ons droom so lank al van Sy Kindgesig!

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх