Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 33
Metamorfose
ОглавлениеJy beduiwel my, dag, jy laat my opkroes –
ek belg my aasvoëlvlerke en ek tros
giftig . . . maar my krý jy nie: sterker as joue
slaan my wil vas in hierdie twee kloue
hier onder my, en boos gaan ek broei, so los my –
– vir wié los? Wáár is ek, wie’s dié harpy?