Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 24

Chanson Triste

Оглавление

Hier in die sandstil kuil

waar nag en die golf Leander verspoel het

slaap hy alleen, en net die blinde soen

van die rooi anemoon verteer sy mond

en water roer in die perlemoernis

van sy vervreemde hart –

see-egels paar in sy haretros

en in die sand se voue ontbind sy lyf.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх