Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 29

Japanse skildery op sy

Оглавление

‘Twee kwartels en ’n struik wat bloei’

natuurgetrou en bo natuur:

die feit is van die droom deurgloei

soos klei deurskynend in ’n vuur.

Die blinde ruspe het van blaar

tot blaar sy bottersagte odyssee

nie delikater kon beskryf

as die penseel van tint tot halftint nie,

so lig soos God se vingertop

as hy die magtige kokon verseël:

koeël van ’n dood wat tot ’n vlerk

se silwer vlam sal detoneer.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх