Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 28

Lucifer

Оглавление

Jy was ’n adelaar in donker rus

teen hoë hange toe jou hand so styf

die vrank glas omklem het, maar toe jy

dit lig en teen die kroegdeur smyt, hoor ons

meteens die knal van swart en koper vlerke –

eenmaal – asof dit tóé die teken was

waarop ons wag soos valke stil gespits vir vlug.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх