Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 27

Laat engel

Оглавление

Winter in ’n vreemde land:

’n sesde sintuig vlam in son

en windelose ys: in lyne van my hand

lê skerp die spore van sy gang;

ek raai hom hier onsigbaar

en gekweld: die dennenaalde,

yskrisante oor die ruit verklaar

sy spitse voetval telkemaal,

ontstel, en gooi ’n ruimte teen

die lig, so vol van hom, so leeg,

dat deernis kom en ek hom moet bemin

asof hy wye, eerste oë op my rig.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх