Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 31

Kwatryne

Оглавление

Die nag val soos ’n brons bokaal

galmend ver die storm in

ek glimmer aan die kringende rand

water wyn ontliggaming.

*

Hoe’t U die weerlig van die denke ingeplooi

in daardie skedel sonder om die murg te skroei?

Wie kan ’n duiselender droom nog droom:

ons kloof die Onbekende oop met iets so sag soos room.

*

Wat is met my gedaan

dat ek die simpel klou

tot ’n hand se skrik, skuld, skroom,

moes terugtrek in ’n mou?

*

Die rats weerligte los die reën,

’n vreugde wierook uit die steen,

en modderbel se padda-oog

spat stukkend in my voet se boog.

Versamelde werk: Sheila Cussons

Подняться наверх