Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 11

Sondag 5 Januarie 2014 Lees eers Psalm 119:145-152

Оглавление

Slaapmiddel

Die hele nag lê ek wakker en oorpeins ek u woord. – Ps 119:148

GESELSVRAAG:

Wat doen jy wanneer jy nie kan slaap nie?

“Wanneer iemand sê hy het soos ’n baba geslaap, het hy beslis nog nie een gehad nie,” sug ’n nuwe mamma. Elke ouer sal met haar kan saamstem. Daardie eerste paar maande se slapeloosheid is maar ’n groot uitdaging. Maar ’n mens vergeet dit gou. Die meeste van ons lê eerder snags wakker wanneer daar iets is wat ons ontstel of waaroor ons bekommerd is. Hoe kan ons sulke tye nuttig gebruik?

Dawid het natuurlik as koning meer probleme en bekommernisse as die meeste mense gehad. Tog vertel hy hy het sy wakkerlê-ure nuttig gebruik deur oor die Woord van die Here na te dink. En ’n mens kan dit net doen as jy reeds begin het om die Woord te memoriseer. Baie van ons onthou nou nog die Bybeltekste wat ons destyds in die Sondagskool aangeleer het. Jesus leer ons ook dat daar in tye van versoeking net een wapen is: die Skrif. Sonder die Skrif is ons ongewapen.

Die meeste van ons werk nie vandag nie. Ons kan dus self besluit hoe ons hierdie Sondag wil deurbring. Ons kan dit gebruik vir dinge wat nie werklik saak maak nie, of ons kan dit sinvol gebruik. Die eredienste is bedoel om ons te bewapen vir die week wat voorlê. Begin sommer vandag om ’n dagboekie aan te skaf en elke dag, of minstens elke week, neer te skryf wat die Here sê. Probeer dit memoriseer. Dit gaan jou vanjaar in die slapelose nagte help.

GEBED:

Dankie dat u Woord my elke dag wil deurdra.

Lees vanaand in Psalm 119:153-160 hoe ’n mens met vrymoedigheid al jou probleme na God toe kan neem.

Uit die beek 2014

Подняться наверх