Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 17

Saterdag 11 Januarie 2014 Lees eers Eksodus 9:13-21

Оглавление

Soek betyds veiligheid

[…] Al die mense en diere wat buite is en nie onder dak gebring is nie, sal deur die hael doodgeslaan word. – Eks 9:19

GESELSVRAAG:

Hoe kan ons vir ongewone rampe voorberei?

“Die haelstene was soos gholfballe,” vertel ’n Vrystaatse boer. “Die belowende oes is totaal tot niet. Al my huis se ruite aan die stormkant is uitgeslaan en al die voertuie wat buite gestaan het, is sleg beskadig.” ’n Mens is totaal magteloos teen so ’n ramp. Net die diere wat onder dak was, het ontkom.

Hierdie keer was dit Osiris, die god van die oes, en Nut, die godin van die hemel, wat as magteloos ten toon gestel is. Moses het die Egiptenaars vooraf gewaarsku van hierdie ramp wat aan die kom was. Sommige het geluister en hul vee en werkers na veiligheid gebring. Ander het hom uitgelag en hul vee en slawe buite gelaat. Die storm het gekom presies soos Moses aangekondig het. Dié wat geluister het, was veilig. Dié wat die waarskuwing geminag het, het alles verloor.

Wanneer iemand vandag in die straat sou loop met ’n kennisgewing wat sê die oordeel is naby, neem min mense hom ernstig op. Ons is maar net soos die ongelowige Egiptenaars van Moses se tyd. Die Bybel is duidelik daaroor dat God se oordeel aan die kom is. Ons moet daarvoor voorberei deur Jesus se offer te aanvaar. Ons moet seker maak ons en ons geliefdes is veilig. Maar vir die meeste mense is dit nie ’n prioriteit nie. Ander dinge kom eerste. Totdat dit te laat is.

GEBED:

Help ons om gereed te wees vir u dag, Here.

Lees vanaand in Eksodus 9:22-35 hoe elkeen kon sien dat die God van Israel in volle beheer van die weer was.

Uit die beek 2014

Подняться наверх