Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 16

Vrydag 10 Januarie 2014 Lees eers Eksodus 8:20-32

Оглавление

Steekvlieë

Die Here het toe gedoen wat Moses gevra het en die steekvlieë van die farao af laat padgee, en van sy amptenare en sy mense af. Daar het nie een oorgebly nie. – Eks 8:31

GESELSVRAAG:

Wat sal mense van die evangelie oortuig?

“Oppas, hier is ’n steekvlieg!” roep een van die kinders uit. Ek het as laer­skool­kind nog nooit vantevore van so iets gehoor nie, maar te oordeel aan die volslae paniek onder die ander kinders moes dit ’n baie gevaarlike insek wees. Dit is duidelik iets wat baie seer steek. Dit was eers nadat die onderwyser die vlieg vermorsel het dat daar weer van skoolhou sprake kon wees.

Die Egiptiese songod, Ra, en die moedergodin, Uatjit, is albei deur insekte voorgestel. Hierdie keer het die steekvlieë slegs die Egiptenaars geteister. In die land Gosen was hulle nie. God kan sy kinders bewaar. Weer laat roep die farao vir Moses en Aäron en vra hulle om voorbidding te doen. Hulle mag maar offer, maar net in die land. Moses moes toe verduidelik dat die offers vir die Egiptenaars onaanvaarbaar sou wees, want ’n bul verteenwoordig Apis en ’n ram die afgod Ammon. Die farao het toe sy toestemming gegee, maar het van plan verander sodra God Moses se gebede verhoor het.

Die Here praat vandag nog dikwels met ons op so baie maniere. Ons is meestal so hoogmoedig dat ons nie wil erken ons is verkeerd nie. Of ons maak beloftes aan die Here wat ons op die ou end nie hou nie, net soos die farao.

GEBED:

Here, verhoed dat ons hardkoppig ongehoorsaam sal bly.

Lees vanaand in Eksodus 9:1-12 hoe die Egiptenaars moes sien hoe hul gode van genesing magteloos teen die siektes en swere was.

Uit die beek 2014

Подняться наверх