Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 20

Dinsdag 14 Januarie 2014 Lees eers Eksodus 10:21-29

Оглавление

Alles behoort aan die Here

[…] Gaan dien die Here! Julle vrouens en kinders kan saamgaan, maar julle kleinvee en julle grootvee moet hier agterbly. – Eks 10:24

GESELSVRAAG:

Wat moet die Here nie van jou vra nie?

“Is jy lus vir ’n nuwe 4x4? Gaan koop gerus een na jou hart, en skenk dit dan aan jul sendeling in Mosambiek. Hy het ’n betroubare voertuig baie nodiger as jy,” terg ek ’n gemeente wat my gevra het om met hul geloofsofferbeloftes te help. Dit is tragies dat so baie stede vol nuwe viertrekvoertuie is, terwyl die sendelinge met wrakke moet aansukkel op plekke waar daar nie eens paaie is nie.

Die farao was hierdie keer drie dae lank in die duister gehul. Egipte se songod, Ra, was maar weer magteloos om te help. Interessant genoeg was die Israeliete in die lig. Hier was duidelik iets bonatuurliks aan die gang. Weer het die farao vir Moses laat roep. Hulle kon nou maar gaan met hul vroue en kinders, maar hul besittings moes agterbly as pand dat hulle weer sou terugkom om as slawe te dien. Toe Moses weier om aan sy voorwaardes te voldoen, word hy met die dood gedreig. Min het die farao geweet dat sy woorde op homself sou boemerang.

Die duiwel gebruik soms ons besittings om ons te keer om voluit vir die Here te lewe. Ons goed word so maklik ons god. As ons besittings ’n versoeking word, moet die Here dit soms wegneem omdat Hy ons liefhet. Niks moet agterbly nie. Ons, en alles wat aan ons behoort, is die Here s’n.

GEBED:

Ons en alles wat ons het, behoort aan U, o Here.

Lees vanaand in Eksodus 11:1-10 hoe die Here die finale straf aankondig wat vryheid aan die Israeliete sou verseker.

Uit die beek 2014

Подняться наверх