Читать книгу Al is die maan 'n misverstand - Danie Marais - Страница 11
Die siener
ОглавлениеDie siener verstaan soos ’n hond –
met sy neus
trap sag in die bloedspoor van môre.
Hy glo die swaelreën sonder ophou
ontsyfer die verkeer
hou die krioelende miere dop
in die sierskrif aan die muur.
Hy lees die tekens in die jongste modes:
Die toekoms is epidemie.
Hy moet haar stop.
Al die ander
is vreemdelinge
toegespin in haar tv-arms
haar vergesigte.
Hy is alleen.
En die hou
kom altyd van agter.
Dit is telkens
te laat.
Waar die siener val
kom ’n biblioteek op.