Читать книгу Al is die maan 'n misverstand - Danie Marais - Страница 7
Asseblief I
ОглавлениеVan my woonstel se wentelbaan
is alles wat tel
’n gebed ver weg.
Maar voor jou totsiens-soen
het ek nie meer geweet waarvoor
om te vra wanneer ek bid nie.
Nou het ek vergeet van alles,
die res en die reën –
nou is dit net ek en jy tienduisend
onverhoorde nagmyle
in ’n enkelgebed ver.