Читать книгу Al is die maan 'n misverstand - Danie Marais - Страница 9

Weet net

Оглавление

Ek wil vurig

maar sag

iets aanteken vir ewig

noudat ons aan mekaar geraak het –

soos destyds by Stormsriviermond

toe die see in my hut kom slaan het.

En tog het ek net

staan en kyk

hoe die hemel tuimel

en die see in swik

hoe my oudste sout verlange

hier vlak voor my voete

haar te pletter loop.

Ek was tjoepstil oorweldig;

tot barstens gelukkig

soos by ’n hotelvenster in Bangkok

met die mal moeson

wat die “meer, meer, meer!” van begeer

in onstuitbare bruin riviere

deur ’n tropiese doolhof jaag.

Maar wat nou?

Noudat ek jou oor en oor in my kop

onweerstaanbaar verleë

uit jou gedagtes laat opkyk na my

net om jou glimlag

om mý mondhoeke te vang speel;

noudat ek oral weet

van jou

soos van daai storm in Bangkok

en die sterre en kleintyd en dood

soos springgety oor my drumpel

as ek net so

gratis en verniet

binne brand

soos jy.

Al is die maan 'n misverstand

Подняться наверх