Читать книгу Al is die maan 'n misverstand - Danie Marais - Страница 13

Jy vra hoe ons eerste soen was

Оглавление

En ek sê met jou mond het jy

aan my geraak

soos ’n sad song

aan ’n dronkverdrietige snaar.

In een sagte akkoord het jy

my eenman-piesangrepubliek

omvergewerp.

Met jou lang vingers oor my rug het jy

sewe maer magtelose jare

uit my lewe gestreel

soos ’n mens ’n kreukel

uit ’n hemp stryk.

Al is die maan 'n misverstand

Подняться наверх