Читать книгу Al is die maan 'n misverstand - Danie Marais - Страница 12

Geen plan B nie

Оглавление

As jy gedigte of stories wil skryf –

die soort wat gate in mense oopraak –

vermy dan die oë van die verstandiges.

Verstandiges sien dinge soos dit is,

maar wanhoop nie daaroor nie –

bestuur dit bloot.

Om jou saaklik

deur húlle skerp oë te sien

is dodelik.

Jy sal nie hul afgemete medelye

kan verduur nie.

As jy verstandig wil wees,

vermy die biblioteek.

Netnou krap ’n storie of gedig jou oop

en jy soek rasend,

’n stomme lewe lank,

na die antwoord

op die bot punt

van jou verleppende tong.

Al is die maan 'n misverstand

Подняться наверх