Читать книгу Al is die maan 'n misverstand - Danie Marais - Страница 8

Met een asem

Оглавление

Dit is nie ’n liefdesverklaring of ’n love poem dié nie maar verlange wat gejaagde asem is wat banger is om verkeerd te lewe as vir die dood wat jóú bokkie ook wil hê hê hê soos ’n dobbelsteen in ’n dronk hand hunker na sy nommer in roulette so honger soos ’n pyl uit ’n boog gereed soos ’n vuurhoutjie brand soos longe vol petrolpsalms vir jou al is die maan ’n misverstand en altyd net ’n asem lank

Al is die maan 'n misverstand

Подняться наверх