Читать книгу Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies - Dr Arien van der Merwe - Страница 24

’n Oorsigtelike blik op die anatomie en fisiologie van normale bloedglukosemetabolisme

Оглавление

Die spysverteringstelsel is die manier waarop ons al die brandstof en voedingstowwe kry wat ons nodig het vir elke sel om optimaal te funksioneer in gebalanseerde homeostase. Homeostase is die sorgvuldig gehandhaafde, fyn ingestelde innerlike milieu van suur- en alkali-balans, liggaamstemperatuur, katabolisme (afbreek van voedingstowwe vir die vrystelling van energie) en anabolisme (opbou of sintese van voedingstowwe vir die stoor van energie), funksie en instandhouding van al 50 triljoen selle in ons wonderlike liggaam – ’n ware biologiese simfonie van harmonieuse fisiologie of homeostase, die fyn georkestreerde innerlike milieu om funksionele balans te handhaaf.

Mond, tande en tong

•Breek kos in kleiner stukkies op

•Ensieme (bv. amilase) in mond begin reeds koolhidrate verteer


Maag

•Maagsuur aktiveer ensieme, maak sommige bakterieë dood, help met spysvertering

Lewer

•Absorbeer verteerde voedingstowwe uit bloed en assimileer dit in boustowwe vir alle selfunksies om doeltreffend plaas te vind

•Stoor ’n geredelik beskikbare vorm van brandstof (energie) op as glikogeen uit bloedsuiker (glukose)

•Ontgif en verwyder toksiene uit bloed

•Vervaardig gal om te help om vet af te breek en skei toksiene en metaboliete in die afbreek van rooibloedselle af, deur dikderm in stoelgang en uit liggaam

Pankreas

•Eksokriene: skei spysverteringsensieme in die dunderm uit om kos te verteer

•Endokriene: skei insulien en glukagon in die bloedstroom uit in respons op glukosevvlakke wat verhoog ná vertering en absorpsie van koolhidrate

Dunderm

•Ensieme breek kos in klein deeltjies sodat dit uit die derm verteer kan word

•Belangrike funksie van immuunstelsel: eerste lyn van verdediging

Dikderm

•Vorm stoelgang om liggaam te help om ontslae te raak van afval en toksiene

•Normale ingewandsbakterieë (flora) noodsaaklik vir gesondheid

Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies

Подняться наверх