Читать книгу Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies - Dr Arien van der Merwe - Страница 32

Insulienweerstandigheid

Оглавление

Kom ons kyk na wat normaalweg met glukose gebeur sodra dit verteer en uit sy oorspronklike vorm afgebreek is en dan in die bloedstroom geabsorbeer word.



Diagram 1: Glukose beland in die bloedstroom: Dit is ’n sneller vir die afskeiding van insulien deur die pankreas. Insulien bind dan aan sy reseptorpunte op die selmembrane van insulienafhanklike selle, soos wat ’n baie spesifieke stukkie van die legkaart inpas. Dit stel die glukosekanaal in staat om oop te maak, weens die translokering (verplasing) van die glukosevervoermeganisme (Glut-4) in die selmembraan. Glukose kan dan die sel binnegaan vir energie- (brandstof-) sintese.

Diagram 2: Die uitwerking van insulien op glukose-opname en metabolisme: Insulien bind aan sy reseptor (1), wat baie proteïenaktiveringkaskade bewerkstellig (2). Dit sluit in translokering (verplasing) van die Glut-4-vervoermeganisme na die selmembraan en invloei van glukose (3). Verskillende bane word binne die verskillende selle aangeskakel. In lewer- en spierselle sal die glukose wat nie vir energie gebruik word nie, in glikogeen omgeskakel en opgeberg word (4). Glukose sal eerstens gebruik word om voldoende ATP (adenosientrifosfaat of die energiebergingsmolekule) te sintetiseer deur die sitroensuur- of pirovaatsiklus (5). Oormatige suiker sal as vet opgeberg word – veral vetsure, ’n ryk bron van hoë energiestoring (6).

Die diagram hieronder toon die finale baan van kos as energie.


Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies

Подняться наверх