Читать книгу Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies - Dr Arien van der Merwe - Страница 30

Leptienweerstandigheid

Оглавление

Leptienweerstandigheid vind deur dieselfde meganisme as insulienweerstandigheid plaas, dus voortdurende oormatige blootstelling aan hoë vlakke van hierdie hormone. As jy ’n dieet volg wat hoog is in suiker, verfynde koolhidrate, verfynde grane en verwerkte kosse (dit veroorsaak ook chroniese inflammasie), stel die suiker wat in jou vetselle gemetaboliseer word hoë vlakke van leptien vry, wat uiteindelik tot leptienweerstandigheid sal lei.

Die sleutel is om normale leptien- (en insulien-) boodskappe na vetselle en die brein se versadigingsentrum te herstel om hierdie stuwings te voorkom deur regte eetgewoontes en nuwe denk-emosies. Korrekte eetgewoontes en die hantering van onderdrukte emosies kan dus ’n diepgaande uitwerking op jou gesondheid hê, selfs meer as enige mediese behandeling.

Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies

Подняться наверх