Читать книгу Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies - Dr Arien van der Merwe - Страница 27

ONS FOKUS NOU IN OP ’N TIPIESE SEL EN SY FUNKSIES

Оглавление

Verbeel jou ’n tipiese sel is ’n lemoen. As jy deur hierdie ‘lemoen’ sou sny, sal jy dié dwarssnit van die sel kry.

Selmembraan

•Dien as halfdeurlaatbare versperring

•Bevat derduisende reseptorbindingsplekke vir spesifieke boodskappermolekules om te bind; dan word die boodskap in die sel in gestuur om verskeie selfunksies te bestuur

•Beskerm binnekant van sel


Mitochondria

•Kragopwekkers vir selenergie

Sitoplasma

•Oplossing met water- en soutbasis waarin alle selprosesse plaasvind

Endoplasmiese retikulum

•Stoor kalsium

•Verpak proteïene

•Vervaardig vet

Golgi-liggaam

•Sorteer proteïene en skei dit in die vorm van vesikels uit

Lisosoom

•Sel se skoonmaak- en detoksstasie – breek afval, bakterieë, uitgediende selstukkies en -brokkies af

Ribosoom

•Proteïenfabriek en DNS-bloudruk

Nukleus (kern)

•Bevat chromosome met DNS waar alle selfunksies en bloudrukke gereguleer word


Die selmembraan bestaan uit drie lae: die wateroplosbare binneste en buitenste laag met die vetoplosbare binneste lipiedlaag wat ook cholesterol bevat as deel van sy integrale struktuur. Proteïen- en komplekse suiker- (glikoproteïen-) molekules lê binne poorte en kanale binne-in hierdie gelaagde membraan. Reseptore is aan die buitekant van die selmembraan geleë. Voedingstowwe, suurstof, kalsium, natrium, chloried gaan die selmembraan binne, terwyl neuropeptiede (boodskappermolekules), hormone soos insulien en geslagshormone aan spesifieke reseptore op die selmembraan bind. Dit stuur ’n stroom boodskappe na die sel, deur die sitoplasma tot in die nukleus (kern) en DNS waar selfunksie gereguleer word. Peptiede (inligtingstowwe) word ook volgens gedagtes en gevoelens gemaak, en word biochemiese molekules. Vreugde-, dankbaarheid-, liefdes- en vredemolekules stel die liggaam (bv. brein, hart, witbloedselle, dermvoering, beenmurg) in staat om ‘goedvoel’-peptiede soos serotonien en endorfiene te maak. Hulle bind aan spesifieke reseptore op selmembrane en die sel kan dan behoorlik en goed funksioneer. Die resultaat is optimale gesondheid en welwees. Die selmembraan, reseptorbindings- en boodskappermolekules (epigenetiese omgewing) is baie belangrik wanneer ons by ’n holistiese benadering tot die behandeling van chroniese leefstylsiektes kom.

Kom ons loer dieper in die misterieuse wonder van lewe, die innerlike omgewing van elke sel. Die illustrasie hieronder toon ’n klein gedeelte van die selmembraan om reseptorbinding te illustreer, en stel die kernkonsep van epigenetika en genetika bekend.


1.Eerste boodskappermolekule (ligand) bind aan sy baie spesifieke reseptor (daar is duisende verskillende reseptore) op die selmembraan. Die molekule kan ’n hormoon, soos insulien, wees. Sodra insulien aan die reseptor bind, kan glukose in die sel ingaan. Glukose is die sel se primêre brandstof wat gebruik word om energie binne die mitochondria te maak. Ander voorbeelde van boodskappermolekules: geslagshormone, skildklierhormone, inligtingspeptiede, sekere voedingstowwe, ens.

2.Sodra die binding plaasgevind het, word die boodskap deur die sitoplasma gestuur deur middel van die tweede reeks boodskappermolekules met die volgende response:

3.selreaksies, d.m.v. ’n ketting van ensieme wat kaskades van biochemiese reaksies veroorsaak ...

4.wat weer boodskappe deurdra na die nukleus (kern) waar dit selfunksie beïnvloed en die genetiese uitdrukking van die DNS-molekule verander.

Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies

Подняться наверх