Читать книгу Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies - Dr Arien van der Merwe - Страница 40

DIE LANGTERMYN-UITWERKING VAN DIABETES OP ORGAANSTELSELS

Оглавление

Volgens die beginsels van Era I-medisyne (vgl. hoofstuk 3), sal die siekte vorder indien diabetes nie bestuur word nie. Die voortdurend hoë bloedglukosevlakke sal uiteindelik ook ’n negatiewe invloed hê, eers op die mikrosirkulering (klein bloedvate en haarvate) en dan later op die makrosirkulering (organe en stelsels).

Holistiese gesondheidspraktisyns is egter altyd ingestel op heling en heelheid. Die potensiële langtermyneffek word daarom volledigheidshalwe genoem, en bloot om ’n potensiaal, nie ’n onvermydelikheid nie, aan te dui.


Voetprobleme sluit in sere en swere wat nie gesond word nie, en uiteindelik gangreen, waar amputasie dalk nodig kan wees. Neuropatie is wanneer die senuwees en senuweepunte aangetas word. Dit lei tot pyn, naalde-en-spelde-gevoel, of verlaagde libido (seksdrang) en later disfunksie, impotensie en gebrek aan gevoel in alle eindpunte (vingers en tone, onderbene in mans en vroue, en penis in mans).

Noudat ons ’n bietjie meer van die anatomie, fisiologie, inflammasie en die dans van die hormone verstaan, kom ons gaan voort om die ware oorsaak van siekte of ongesteldheid te bepaal en sodoende dieper oplossings te vind.

Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies

Подняться наверх