Читать книгу Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies - Dr Arien van der Merwe - Страница 26

KOM ONS FOKUS EERS OP DIE PANKREAS

Оглавление

Die pankreas is die hoofkarakter in die diabetesdrama. Dit lê agter die maag in die abdomen en het twee hooffunksies:

1.Eksokriene funksie – waar dit pankreas-ensieme vir spysvertering deur die pankreasbuis, direk in die duodenum (eerste gedeelte van die dunderm) afskei waar die ensieme saamsmelt met die gedeeltelik verteerde kos wat uit die maag kom, dan deur die res van die dunderm afbeweeg vir verdere spysvertering en absorpsie deur die dermvoering tot in die bloedstroom.

2.Endokriene funksie – waar dit insulien en glukagon van die Langerhans-eilandjies direk in die bloedstroom afskei, in reaksie op die styging en daling van bloedglukosevlakke. Hierdie funksie is die kernkomponent in ons diabetesverhaal.


Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies

Подняться наверх