Читать книгу Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies - Dr Arien van der Merwe - Страница 25

SPYSVERTERING VAN HOOFVOEDSELGROEPE: KOOLHIDRATE, PROTEÏEN EN VETTE

Оглавление

Ensieme bestaan uit aminosuurkettings in stringe peptiede en tree op as katalisators om alle biochemiese aksies in elke sel (die liggaam het omtrent 50 triljoen selle) van die liggaam te ondersteun, te bevorder en optimaal te laat plaasvind. In die spysverteringskanaal breek ensieme die kos in kleiner stukkies af voordat dit deur die dundermvoering tot in die bloedstroom geabsorbeer kan word.

Peptiede is stringe aminosure, soortgelyk aan krale in ’n halssnoer. Proteïene word na aminosure afgebreek. Dit word in die liggaam geabsorbeer en dan weer in verskeie peptiedkonfigurasies aanmekaargesit volgens die funksionele behoeftes van die liggaam. Tussen twee en 99 aminosure wat aaneengeryg is, word peptiede genoem; 100–199 word polipeptiede genoem, en meer as 200 sal weer proteïene wees – met verskillende strukture, frekwensies en funksies as die oorspronklike proteïene wat verteer is. Peptiede vorm ook die basis van al ons inligtingstowwe (soos hormone, neuropeptiede, neuro-oordragstowwe, ens.), soos die krale gedraai word – elke kinkel beteken ’n ander inligtingstof – maar meer daaroor later.


Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies

Подняться наверх