Читать книгу God se pad van vryheid - Engela Linde - Страница 69
Kriptiese prikkels
Оглавление(om in die loop van die maand na te slaan)
___________________________
Jos 2:1b
“… uitgekom …” Seker nadat hulle diskreet bietjie rondgevra het?
Jos 6:20
Dié wat tienermusiek in die huis het, sal verstaan dat dit moontlik is
Rig 8:30
Sjoe … en hoeveel dogters?
Rig 9:4
Kriptiese vertellerskommentaar, deur net een woord: “leeglêers”
Rig 12:14
Pragtige kroos, ’n hele vorstelike donkiebrigade
Rig 14:10
Rampartytjies was toe al in die mode
Rig 18:7
Droë vertellerskommentaar: “ … soos die mense van Sidon maar was”
Rig 19:21
Landelike aandritueel as daar kuiermense kom
1 Sam 4:9
Die Filistyne is ten minste eerlik oor die onwenslikheid van slawerny
1 Sam 8:20
Buurlike naywer, “Keeping up with the Jones’s”
1 Sam 15:27
Ook reeds vodde van al die woestynson
1 Sam 17:28
Tipiese geringskattende ouboet
1 Sam 25:3
Die ou-ou verhaal van ’n vrou wat verkeerd getrou het
1 Sam 28:24
“ … gou …”!
2 Sam 11:2
Asof sy nie geweet het wat die koning se roetine is nie
2 Sam 13:3
Dalk moet “vindingryk” liefs aanhalingstekens kry
2 Sam 13:6
’n Skurk se Valentyns-hartjies
2 Sam 13:30
Tipiese riemtelegram
2 Sam 17:25
Dié “sekere” ou se bedsake word sommer so sito-sito uitgelap
2 Sam 21:20
Hy moes eintlik die ringe-geskenk van Job 42:11b ontvang het