Читать книгу Ekseem: Jou noodsaaklike gids - Regina Malan - Страница 10

2

Оглавление

Die diagnosering van ekseem

AS ’n mens ’n irriterende veluitslag het, is die aangewese ding om dokter toe te gaan vir ’n akkurate diagnose. Dit kan ekseem wees, maar dit kan ook ’n ander veltoestand wees. Sonder die regte diagnose is dit moeilik om behandeling te kry wat die toestand behoorlik kan laat opklaar. Baie veltoestande wat op die oog af dieselfde lyk, vereis totaal verskillende behandelingsmetodes. Soms kan ’n algemene praktisyn ook nie die diagnose doen nie en moet jy by ’n velspesialis of dermatoloog uitkom.

Ekseem: Jou noodsaaklike gids

Подняться наверх