Читать книгу Uit die Beek 2012 - Attie van Wijk - Страница 18

Vrydag 13 Januarie

Оглавление

Lees Deuteronomium 7:1–11.

Paraskevidekatriaphobia

Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou en sy troue liefde betoon tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam (Deut 7:9).

“Wat op aarde is daardie onuitspreekbare naam in die opskrif?” het jy dalk gewonder. Dit is eenvoudig die geleerde naam vir ’n vrees vir Vrydag die dertiende. Vanjaar val die dertiende drie maal op ’n Vrydag. Die ontstaan van die bygeloof dat Vrydag die dertiende ongelukkig is, is onbekend, hoewel verskillende teorieë op die internet gevind kan word. Dis ’n “nuwe” bygeloof: Die eerste verwysing daarna was in 1917. Tog is daar baie mense wat vandag verkies om by die huis te bly om ongelukke te vermy. Dit gee seker aanleiding tot die statistiek dat Vrydag die dertiende gewoonlik minder ongelukke het as enige ander Vrydag!

Gelowige mense hoef egter nie bygelowig te wees nie. Die arme dag kan nie help dat sommige dom mense dit vrees nie. Maar, soos ons in vandag se teksvers gelees het, verander God se krag nie op Vrydag die dertiende nie. Hy is altyd betroubaar; Hy sorg altyd vir sy kinders. Daar is geen ander God soos Hy nie. Hy is die enigste. Vandaar die bevel om die afgodedienaars se aanbiddingsplekke en afgode te vernietig, sodat hulle nie vir Israel ’n versoeking sal wees nie.

Ons word ook vandag gewaarsku om op te pas wie ons as vriende het. Is dit mense wat ons sal weglei van die Here af, of is dit mense vir wie ons na Hom toe kan lei?

GEBED: “Here, dankie dat U nooit verander nie. Seën ons gesin vandag sodat ons vir ander tot seën kan wees.”

Lees vanaand in Deuteronomium 7:12–26 van God se wonderlike beloftes en waarom ons nie afgodsbeelde in ons huis moet toelaat nie.

Uit die Beek 2012

Подняться наверх