Читать книгу Uit die Beek 2012 - Attie van Wijk - Страница 3

Voorwoord

Оглавление

Baie welkom by nog ’n jaar van saam luister na die Woord van God. Ons sal min of meer om die beurt ’n boek uit die Ou Testament en die Nuwe Testament bestudeer. Wanneer jy vyf jaar saam met ons deur die siklus gewerk het, het jy al 66 boeke in die Bybel gelees. Dit is daarom belangrik om elke dag ook die aandgedeelte te lees.

Die Gebedsgids in hierdie boek sal jou help om elke dag sinvol voorbidding te doen, en nie in dieselfde rympie te verval nie.

Ds AJ van Wijk (sr) het in 1925 begin om hierdie oordenkings te skryf. Sedert 1927 is dit die Uit de Beek genoem, na aanleiding van Ps 110:7 in die Nederlandse Bybel: “Hij zal op den weg uit de beek drinken; daarom zal Hij het hoofd omhoog heffen.” ’n Beek is natuurlik ’n bergstroompie. Die gedagte is dat ons ons elke oggend moet verfris by die vars water van die Woord vir die dag wat voorlê. Sedert 1929 is hierdie oordenkings in Afrikaans geskryf, wat Uit die Beek die oudste Bybeldagboek in Afrikaans maak. Hierdie boek is die 87ste van die reeks. En jy sal sien dat die Bybel elke dag byderwets, nuut en vars is. Die huidige skrywer is ’n kleinseun van die oorspronklike skrywer. Sy e-posadres is attie.vanwijk@gmail.com.

Ons lees vanjaar in die Ou Testament uit Deuteronomium, 1 en 2 Konings, 2 Kronieke, Hosea, Sagaria en Maleagi en in die Nuwe Testament uit Handelinge, Efesiërs, Titus, Filemon en Openbaring. Sondae lees ons uit die Psalms. Ons sal ontdek hoe aktueel selfs die minder bekende Bybelboeke vir ons daaglikse lewe is.

Dié dagboek is geskik vir jou persoonlike stiltetyd en ook om tydens huisgodsdiens gebruik te word.

Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is. Bou elke dag aan jou verhouding met Hom!

Uit die Beek 2012

Подняться наверх