Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 11

WOENSDAG 4 JANUARIE 2017 Lees eers Deuteronomium 2:1-12

Оглавление

DIE REGTE LEIER

Die Here julle God het julle voorspoedig gemaak in alles wat julle gedoen het (2:7).

GESELSVRAAG: Wie is ons beste leier in hierdie tyd?

“Sedert ek my maatskappy aan die Here oorgegee en tot sy beskikking gestel het, het Hy ons wonderlik geseën,” vertel RG LeTourneau, die vervaardiger van reuse-grondverskuiwingsmasjiene. Hy het dramaties gevorder van ’n bankrot sweiser tot iemand wat 90% van sy persoonlike inkomste aan die Here se werk gegee het. Vandag is ’n universiteit in Texas na hom genoem.

Moses herinner die volk daaraan hoe die Here hulle in hul woestyndae stap vir stap gelei het, en ook waar om nie grond te soek nie. Die volke wat ver langs familie van hulle was, is met die grootste respek behandel. Hulle het God se leiding gevolg, en dit het goed met hulle gegaan.

Deesdae dink mense dat hulle as Christene nie sukses kan behaal nie. Ons moet ons by vandag se korrupte wêreld aanpas. Maar is dit reg? Het die Here verander? Hy stel vandag nog net so baie in sy kinders belang, veral waar hulle die meeste van hul tyd deurbring. Hy belowe om ons te beloon as ons in ons werk aan Hom getrou bly (vgl. Kol 3:23-24). Ons land het sakelui met integriteit nodig. Miskien is jy die een wat Hy vanjaar wil gebruik. Maak dus elke dag tyd om Hom te vra hoe om elke uitdaging die hoof te bied.

GEBED: Here, sonder U kan ek niks doen nie. Lei my vanjaar sodat ek U in alles kan verheerlik.

Lees vanaand in Deuteronomium 2:13-23 hoe die Here ook vir ander volke sorg en beskerm.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх