Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 8

Оглавление

Welkom by Deuteronomium

Skrywer:

•Moses (31:9, 24-25) en ander skrywers.

Eerste lesers:

•Die hele volk Israel, veral nadat hulle die beloofde land in besit geneem het.

Datum:

•Onseker, hoewel gedeeltes uit Moses te tyd kom.

Doel:

•Hierdie boek moes elke sewe jaar aan die hele volk voorgelees word om hulle in hul aanbidding te lei. Dit vorm die brug tussen die Pentateug en die geskiedkundige boeke wat daarop volg. Dit word 90 keer in die Nuwe Testament aangehaal. Die Here Jesus het gedeeltes uit dié boek aangehaal toe Hy in die versoeking gekom het (vgl. Luk 4:4, 8, 12).

Hooftrekke:

•Moses se eerste toespraak (1:1-4:43).

•Moses se tweede toespraak (4:44-26:19).

•Moses se derde toespraak (27:1-30:20).

•Moses se laaste toespraak en dood (31:1-34:12).

Let op na:

•Die belangrikheid van die verbond met God.

•Hoe baie gedeeltes hiervan deur Christus aangehaal word.

Christus in Deuteronomium:

•Christus is die vervulling van die verwagting van die Messias as Profeet (18:15), Priester (vgl. Eks 28:1; Heb 2:17) en Koning (17:15).

•Jesus sê Moses het van Hom geskryf (vgl. Joh 5:46).

Uit die Beek 2017

Подняться наверх