Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 7

SONDAG 1 JANUARIE 2017 Lees eers Psalm 119:1-8

Оглавление

Nuwejaarsdag

DIE GOEIE LEWE

Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here (119:1).

GESELSVRAAG: Wat is jou Nuwejaarsvoornemens?

“’n Voorspoedige Nuwejaar!” wens ons mekaar vandag toe. Wat bedoel ons daarmee? Of is dit bloot ’n algemene gesegde? Bedoel ons bloot dat dit met ons geldelik goed sal gaan, of dat ons goeie oeste sal maak? Of bedoel ons dalk dat dit ’n jaar van geestelike groei sal wees? (En dit kan dalk beteken dat die Here ons swaar moet beproef om ons geestelik te help groei?)

Hierdie psalm is die langste hoofstuk in die Bybel en handel oor ’n enkele tema: die verskil wat God se Woord in ons lewe maak. Elke agt verse van hierdie lang lied begin met dieselfde letter in Hebreeus om dit makliker te maak om te memoriseer. Geskrewe Skrifdele was uiters skaars. Die Jode moes dit dus uit die kop leer om dit saam te kan sing. Sien jy kans daarvoor?

Vandag het ons elkeen God se Woord in ons eie taal – dikwels deur middel van verskeie vertalings. Niemand kan dus die verskoning hê dat ons nie God se wil kan leer ken nie. As ons hierdie vers as ons leuse vir die nuwe jaar gaan neem, sal ons meer tyd saam met die Here en sy Woord moet deurbring. Dalk kan jy ’n uur vroeër opstaan, of gedurende etenstyd tyd maak. Kom ons kyk watter verskil dit vanjaar kan maak!

GEBED: Here, dankie vir u kosbare Woord wat ons lewe verander en ons help om ál meer soos U te word.

Lees vanaand in Psalm 119:9-16 hoe die Bybel ons kan help om ons lewe skoon te hou.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх