Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 15

SONDAG 8 JANUARIE 2017 Lees eers Psalm 119:17-24

Оглавление

MY RAADGEWERS

U verordeninge is my vreugde, hulle is my raadgewers (119:24).

GESELSVRAAG: Wat help jou om die regte keuses te maak?

“Het dit sin om elke Sondag die Tien Gebooie in die kerk te lees? Ons ken dit mos. Daarom skakel die meeste mense af as die wet gelees word,” het ons as katkisante onder mekaar geredeneer. Deesdae word die wet net by hoë uitsondering gelees, en kyk nou hoe wetteloos het ons land geword. Mense weet nie meer wat reg en wat verkeerd is nie.

Dawid het geweet dat die Here se wet daar is om ons raad te gee en ons te help om die regte keuses te maak. Hy het self ervaar watter bitter vrugte gepluk word wanneer jy een van die gebooie vergeet of ignoreer. Die Tien Gebooie is daar om ons en ons huis te beskerm, nie om dit vir ons swaar te maak nie. As jy enige van die gebooie oortree, is jý die een wat seerkry.

Is dit nie hoog tyd dat ons die Tien Gebooie in ons howe en skole terugbring nie? En wat van in die kerk? Die mode is om bloot die opsomming daarvan te lees, sonder geleentheid vir selfondersoek en sondebelydenis. Sonde is die een ding wat keer dat ons gebede verhoor word. Daarom is sondebelydenis so belangrik. “Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang” (Spr 28:13).

GEBED: Here, dankie vir u Wet wat ons vandag wil lei.

Lees vanaand in Psalm 119:25-32 hoe ons die betroubare pad kan vind en volg.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх