Читать книгу Uit die Beek 2017 - Attie van Wijk - Страница 16

MAANDAG 9 JANUARIE 2017 Lees eers Deuteronomium 4:25-31

Оглавление

WELKOM TERUG!

Wanneer julle in nood verkeer deurdat hierdie dinge in die toekoms oor julle kom, moet julle terugkom na die Here julle God, en sy woord gehoorsaam (4:30).

GESELSVRAAG: Wanneer is voorspoed gevaarlik?

“Afgodery is om in die plek van die enige ware God wat Hom in sy Woord geopenbaar het, of naas Hom, iets anders te versin of te hê waarop die mens sy vertroue stel,” verduidelik die Heidelbergse Kategismus in Antwoord 95.

Moses het sy volk baie goed geken. Wanneer dit moeilik gaan, weet hulle om hulp by God te gaan soek. Maar hy besef ook dat wanneer hulle eendag in die beloofde land aankom en dit met hulle voorspoedig en vreedsaam gaan, hulle maklik verlei kan word om ander gode te begin dien om in die mode te bly. Dan sal die Here uit liefde sorg dat dit met hulle sleg gaan totdat hulle weer na Hom terugkom. En sy deur sal vir hulle oopstaan.

Ons is meermale dankbaar dat ons nie beelde aanbid soos die mense van wie ons in die Bybel lees nie. Maar die kerkhervormers herinner ons dat ons van enigiets ’n afgod kan maak. Dit kan jou werk wees, of jou familie, of drank en dwelms, of rykdom of status. Ons moet dus op ons hoede wees. God moet nommer een in ons lewe bly. So nie, kan ons teenspoed verwag. Daar is net een God. Dis dwaas om op iets of iemand anders te vertrou.

GEBED: Here, dankie dat U ons herinner dat daar net een veilige plek is, en dit is by U.

Lees vanaand in Deuteronomium 4:32-40 hoe uniek die God is wat ons dien.

Uit die Beek 2017

Подняться наверх