Читать книгу Die ewigheid in my hart - Barend Vos - Страница 62

Lees Psalm 35:1-10 | 26 Februarie

Оглавление

’n Ongelyke stryd

Ek sou dit nooit oorleef het

as U nie ingetree het nie, Here.

As U nie toe opgestaan het nie,

slaggereed om my te help.

U was my enigste skild.

Maar dit was meer as genoeg;

U was eens te veel vir hulle.

U het hulle verjaag

en hulle het gehardloop.

U het bloot die woord gespreek,

sodat ek u stem kon hoor, my Redder.

Toe het ook hulle gehoor en geweet:

Hier het ons ons lelik misgis …

Maar dit was te laat.

Die engel van die Here het hulle verneder

en hulle het voet in die wind geslaan.

Die donkerte het hulle egter nie laat wegkom nie;

die duisternis het sy kinders ingehaal.

Só gaan dit met dié

wat hulle aan U

en u kinders vergryp.

Dit is húlle wat val …

Vreemd genoeg, Here,

kry ek sulke knoeiers soms jammer.

Hulle het hulle in ’n ongelyke stryd begewe.

Hulle het dit nooit sien kom nie.

Hul oë was so vasgenael op die weerloses

dat hulle U nooit sien kom het nie.

U was hulle oor, van altyd af.

En só sal dit altyd wees.

Die ewigheid in my hart

Подняться наверх