Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 11

Stad in die mis

Оглавление

Met gespanne spier

loop ek deur die mis

want om my sluip ’n dier

onder wit duisternis;

ek hoor hom knor en in oop mote

waggel sy pilare-pote

en sy kantelende rug metaal;

op hoeke van die strate blink

sy oë bloedbelope,

en met sy hap sluit staal op staal.

Versamelde poësie

Подняться наверх