Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 8
I Kontrak
ОглавлениеU het die wêreld oopgeskiet
tot grot en gramadoela;
toe die blaar en riet,
U arbeiders, gestuur; wortels
wat nederig werk, die mier
wat stokkies dra
en beitelpunt van die rivier.
U droom met dinamiet
en laat aan arbeiders
die besonderhede en verdriet.