Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 20
Bede
ОглавлениеMy hart deur vele liefdes reeds verwarm
kom nou na jou so uiters arm
aan geloof, maar met die klein gebed
dat jy my van ’n voorgevoelde ondergang sal red,
dat jy na al die droom-vervreemde en verbroude,
aan my ’n skoner drif sal gee; en met die bloue
weerlig van jou liefde en jou toorn keer
my na die stilte van gedagte weer.