Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 9
На сайте Литреса книга снята с продажи.
Sarkofaag
ОглавлениеVas teen die stad rys bruingekerf
met ’n groen kuifie bo, die halwe berg
waar honderde bandiete
agter skoorstene van fabrieke
jare al met koekepan en pik
hul dieper ingrawe in skuinstes klip;
en om hul uit klein vensters van die stad
kyk klerke dag vir dag met huiwering na die gat.