Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 22
Bouquet
ОглавлениеEk stuur aan jou
’n ruiker rose
in fyn papier gevou;
dit gee aan my ’n eindelose
kalm gevoel;
want na gisteraand voel ek miskien
sal jy my nie vandag wil sien.
Ek stuur aan jou
die vlekkelose
half-oop rose.