Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 38
Donkerlied
ОглавлениеEk het jou lief omdat jy van die verre
biesies met ’n duisternis en sterre
kom en hierdie stad se grys geboue,
al sy strate en die skelle houe
van die ure, al die mense uitwis
met ’n stil bedwelming en ’n koel mis
uit die see; al die spanning en die leed
van mens-wees met ’n sluimer laat vergeet,
’n rus wat my van alles langsaam stoot
en suiwer met die stilte van ’n dood.