Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 30

Slapende vrou

Оглавление

My flikkerende vuurhoutjie was ’n weerligstraal

skuins oor die slapende landskap van jou liggaam.

Was jy dié oomblik ’n eiland

met vlegsels water langs jou slape,

onder bome en sluitende vlerke van voëls

die ovale kalmte waarteen my onrus breek?

Of was jy tussen steierende bosse

versonke tot ’n kuil

met die skaarse roering van visse teen riete,

en die geheime lokking van jou vroulikheid

onder die spanninglose loslê van water

deur ’n oerbron gevoed?

Versamelde poësie

Подняться наверх