Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 42
See in die nag
ОглавлениеBuite my venster dreig en tier
deur die nag die gekettingde dier
met sy honger na some
sand en rots en wildepiesangbome.
Dan lê hy stil, asof hy nie meer
die wykende aarde begeer;
spring skielik weer op, ruk daarna
die nag in, kap en kla, kap en kla.