Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 33

Twee stede

Оглавление

Onmagtig moes ek met gespanne drade

uitgryp oor die skeiding tussen my en jou,

gryp met die swart draf van pale

teen die heuwels uit,

die wit vlug

van briewe deur die lug

en treine wat deur tonnels fluit.

Uiteindelik is ons nouer aan mekaar verbonde,

maar tussen my en jou ruis altyd nog

riviere, stiltes en afgronde.

Versamelde poësie

Подняться наверх